Categories
Teaching Portfolio

Die Minustrale siklus

This essay is written in Afrikaans. It is based on some answers from questions papers written by “Kleurlinge” that takes Biology. 

Minustrale praatjies is maar skaars in ons tyd, maar word meer gewild by die dag. In die ou tyd was dit verbode om oor sulke dinge te praat.

Die vrou ondergaan met elke volmaan ‘n siklus genaamd minustrasie. Vroue moet verkieslik nie rook of drink tydens hierdie siklus nie. Die siklus verskil van vrou tot vrou want nie almal hou ewelank uit nie. Op 14 jaar leer jy hoe om te minustreer en op 70 kry die vrou menapolse. Dit is belangrik om ‘n siklus te hê voor jy kan paar.

Die siklus begin wanneer oortollige bloed in die aorta buise gepomp word om uitgeskei te word, die naeltjiering breek los van die wand en dan word die kussintjies and kombersies wat reggestaan het vir die baba weer uitgeskei.

Hormone speel ook ‘n belangrike rol. Himofile skei estergeel af en die hipotalus skei perstrogeen af. Die estergeel vervaardig die borste. E an P word afgeskei sodat sy dink sy is swanger en FSH word elke 28 dae afgeskei wat die liggaam net weer herinner sy is nie!

Tydens evolusie skei die eierselle af. Die eierselle word deur die testikels vrygestel. Hierdie eierstokke met eiers is nie soos ‘n man sin nie , want dis inwendig. Die onbevrugte eiersel beweeg deur die buis van Eustachius waar dit ryp word. As bevrugting nie plaasvind nie trek die eierselle terug pancreas toe. As bestuiwing nie plaasgevind het nie, word die vrou emosioneel wankelrig net voor ineenstorting!

Dankie tog!

 

By De Vos

I am an educator at heart and I love what I do.

Leave a comment