Die saga van ‘n karamel 

Weereens het die merk van matriek vraestelle baie interessant geraak.  Hier is so ‘n voorbeeld.  

Die vraag was oor spesiasie in kamele en waarom daar verskille is in hulle voorkoms.  Hier volg die mees traumatiese antwoord :

Tumsi die karamel

Eendag lank lank gelede was daar ‘n karamel met die naam van Tumsi. Sy ma was ‘n volstruis en sy pa was ‘n bok. Sy ouma, die Archaeopteryx is ontdek in Kimberley se gat.  

Tumsi en sy familie het besluit hulle moet emigreer. Terwyl die familie trek het hulle besluit hulle moet water stoor.  Hulle kom aan by die eerste rivier en drink.  Toe kry hulle hul eerste groot bonkel.  Hulle kon swem want die lang  wimpers het die water uit hulle oë gehou. Toe stap hulle baie baie ver. By die tweede rivier in Oos China drink hulle genoeg en vorm twee klein knoppels. Toe gaan hulle dood en word fossiele, maar verhuis  met  Darwin op die skaap (ship)  “Dromedarus” tot in Australië.  

Advertisements